Netwerk40 bring jong professionele manne bymekaar om sosiaal in te skakel, idees te ruil en besigheidsnetwerke uit te brei.

Wie is Netwerk40?
Netwerk40 is ’n inisiatief wat in 2023 begin is, met die hoofdoel om jong dinamiese besigheidsmanne saam te roep om hul professionele netwerke uit te brei en idees uit te ruil.
Die oorsprong van die naam ‘Netwerk40’ is afkomstig van die volgende mylpale:
• Die teiken ouderdom is tussen 25 en 40.
• Daar moet ten minste 40 persone die funksie bywoon.
• Die doel is dat almal moet netwerk.
Hoe werk Netwerk40?
Daar word 3 x Netwerk40 funksies aangebied per jaar.
Tydens elke funksie word ’n gasspreker genooi wat sy storie kom deel en meer vertel wat sy ‘defining moments’ was, hetsy in besigheid of persoonlike lewe.
Nadat die spreker sy storie gedeel het, word die vloer oop gemaak vir enige vrae.
Netwerk40 se funksies vind tans plaas in Pretoria, by Pretoria Country Club.
Netwerk40 is ’n vrye assosiasie en het dus geen lede of ledegeld en word daar ad-hoc borge verkry om die koste te dek.
Johann van Huyssteen
Stigter van Van Huyssteens Prokureurs
Faan van der Walt
Stigter van We Buy Cars
Dirk van der Walt
Stigter van We Buy Cars
Lood Bester
Entrepreneur – Fledge Capital, Wildswinkel, GoBid, We Buy Cars ens
Danie Matthee
CEO OUTsurance
Edgar Rathbone
CEO Blou Bulle Rugby Unie
Hennie de Klerk
CEO TreasuryONE
Arnold Pistorius
Stigter en Voorsitter van Twin City Developments
Marco van Niekerk
CEO Outdoor Investment Holdings
Vir enige navrae, kontak gerus:
commercial@vanhuyssteens.co.za
26 Pinaster Avenue, Hazelwood, Pretoria









